Die Sommige A-Span Ouers Blues
- Leon-Ben Lamprecht
Key: auto auto ·
Orig: auto ·
Capo:
·
Time: 4/4 ·
check_box_outline_blankSimplify
chord-pro
www.khmerchords.com/chords/7605327
There was a formatting error in your song. Please check for missing brackets or invalid structure.
Verse 1
A7
Sommige ouers se lont is kort
A7
Hulle vergeet soms dis net laerskoolsport
D7
Sommige ouers sit te veel druk
A7
Op hulle telge om vir die doellyn te mik
E7 Eb7
Wat maak dit saak as hy die bal misvang
D7
Hy speel mos nie vir die Sprinkbokspan?
A7 E7
Relax
Verse 2
A7
Sommige coaches is nogal kwaai
A7
Die kinders se kierangs sal vir enigiets braai
D7
Sommige skole leun te swaar
A7
Op sportprestasies om hul naam te bewaar
E7 Eb7
As sy sou misdoel is dit nie ’n skande
D7
Werk eerder aan haar rowwe kante
A7 E7
Chill
Verse 3
A7
Sommige refs sal verkies
A7
Om hulle voete met ’n hamer te piets
D7
Eerder as om o.11-sport te blaas
A7
Met die ouers wat langs die veld raas
E7 Eb7
Blasers maak foute en is nie aspris nie
D7
Ek is redelik seker hulle wil jou nie afpis nie
A7 E7
Haal asem
Verse 4
A7
Soms trap ekself in hierdie strik
A7
Raak te opgewonde en plaas dan druk
D7
Op my kinders om vir doel te skiet
A7
Eerder as om dit net te geniet
E7 Eb7
Ek’s maar net mens soos die ander genoem
D7
Kom ons sê maar net eerder “goed gedoen”
A7 E7
En “Geniet dit!”











