Op Die Pad Na Nooitgedacht
- Koos Du Plessis
Key: auto auto ·
Orig: auto ·
Capo:
·
Time: 4/4 ·
check_box_outline_blankSimplify
chord-pro
www.khmerchords.com/chords/8025321
There was a formatting error in your song. Please check for missing brackets or invalid structure.
Intro
A
{tab: e|----------0-----------------------------------|}
{tab: B|----------2-----------------------------------|}
{tab: G|----------2-----------------------------------|}
{tab: D|----------2-----------------------------------|}
{tab: A|--------0-0-----------------------------------|}
{tab: E|-0-2--4---------------------------------------|}
Verse 1
A E
Op 'n donker aand diep in Juliemaand
D A
op die pad na Nooitgedacht
D A
waar drie rotse staan teen die sekelmaan
A E
het ek lank gewag die nag.
A E
Want 'n skurk vanouds het 'n sak vol goud
D A
daar begrawe langs die pad
D A
en elke donker aand met die sekelmaan
A E
kom hy terug en soek sy skat.
Verse 2
A E A
In die verte hoor ek vier hoewe
E A
soos 'n hartpols diep in die nag.
Dis of die duiwel hom jaag
D
want die maan sit al laag
A E A
op die pad na Nooitgedacht.
E
Dis of die duiwel hom jaag
D
want die maan sit al laag
A E A
op die pad na Nooitgedacht.
Verse 3
G# D#
By die spookklippe naby Nooitgedacht
C# G#
so't die mense my vertel
C# G#
kan geen man dit waag op 'n donker nag
G# D#
hy begeef hom in die hel.
G# D#
Maar ek het vas gestaan en gese ek gaan
C# G#
Man alleen een donker nag.
C# G#
Ek het myself gestaal en my perd laat haal
D# G# D#
maar ek het so iets nooit verwag.
Verse 4
G# D# G#
Want die vuurvonke spat uit sy hoewe
D# G# D# G#
en tien vlamtonge speel in die nag
D# G#
en die ruiter lê plat
C#
want sy perd ken die pad
G# D# G#
na die skat van Nooitgedacht.
Verse 5
D
Ek het te veel gesien en ek dog miskien
C G
is die beste plek die huis.
C G
Want ek ken gevaar maar ek trap onklaar
D G D
en ek wens ek was al tuis.
G D
Maar die huis is ver en die môrester
C G
hang spookagtig oor die veld.
D C G
Dis geen plek vir my ek wil liewer ry
G D
gee die kêrel maar sy geld.
Verse 6
D G D G
Maar die hoefslae dreun in my ore
D G D G
en 'n skim skiet stil uit sy saal
C
en die vuurvonke spat soos hy grou langs die pad
G D G
want hy kom om sy skatte te haal.
Verse 7
C# F# C# F#
Maar die burgers gun hom geen rus nie
C# F#
soos 'n veldbrand kom hulle aan.
C# F# B
En die Mauservuur dreun en looddruppels reen
F# C# F#
en ek dog die einde breek aan.
Verse 8
C# F# C# F#
Maar twee kole gloei in sy oe
C# F# C# F#
met een haal is hy weer in die saal
C# F# B
en sy perd ploeg die lug in sy ylingse vlug
F# C# F#
want hy weet die dood kom hom haal.
Verse 9
C#
Op 'n donker aand diep in Juliemaand
B F#
op die pad na Nooitgedacht
C# B F#
waar drie rotse staan teen die sekelmaan
F# C#
het ek lank bly le die nag.
Verse 10
F# C# F#
En ek weet geeneen sal my glo nie.
C# F# C# F#
Dit klink alles so gek in die dag...
C# F#
Maar wees elkeen wat lag
B
eenmaal daar in die nag
F# C# F#
op die pad na Nooitgedacht.











